Uit Juffrou se dagboek

 

“Spyt hulle met KGV, GGD en DDT”, antwoord die boetie op oom Bennie se vraag in die gesondheidsleerklas oor hoe vlieë beheer kan word.

Die (ware) storie het my beslis nie laat lag of selfs laat glimlag nie. Dis vir my ’n hartseer storie. Eintlik belig dit ’n groot probleem waarvoor ek nie ’n maklike oplossing het nie. Vir sommige kinders is goeters soos DDT GGD KGV goed wat jy moet onthou en as jy gelukkig is, pluk jy die regte een op die regte oomblik uit jou sak uit, om ’n onderwyser tevrede te stel.

Ek het (nog voor die inperking) in my klaskamer weer eens besef hoe min kinders verstaan wat veelvoude en faktore beteken en nog minder van wat met gemene veelvoude en faktore bedoel word. Die K (van KGV) en die G (van GGD) kan na my mening maar in elk geval gelos word. Enige gemene veelvoud kan immers werk waar dit benodig word (bv die bymekaartel van breuke) en enige gemene faktor kan jou help om breuke in ’n ekwivalente breuk (met kleiner getalle) te skryf.

Hoe diep hierdie probleem is en hoe moeilik die remediëring daarvan, besef ek opnuut, nadat ek my bes probeer het om te sorg dat my graad 8’s dit verstaan.

Ek het vooraf besluit – ek gaan nie vir hulle ’n prosedure gee om KGV of GGD te bepaal nie. Ek gaan aanvanklik ook die akronieme KGV en GGD vermy – ek sal dit later net vir hulle noem, want die leerplan bepaal dat hulle dit moet ken.

Nou ja – terug na veelvoude en faktore. Ek raadpleeg ou en nuwe bronne vir vars idees.

’n Ou handboek, “Wiskunde aan die Werk”, geskryf deur my oud-kollegas, Piet Human, Alwyn Olivier en ander, is my gunsteling bron vir idees wat begryping van ’n begrip kan bewerkstellig. Ek glimlag opnuut oor die titel van die handboekreeks – laat die wiskunde toe om die werk te doen. Probeer dan dat die kinders agterkom hoe iets werk deur die regte vrae (deeglik deurdink en oorweeg) te vra.

Read more…

 

Uit Juffrou se dagboek

Share This