Kinders hoor nie noodwendig wat ons wil hê hulle moet hoor nie.
Juffrou Paai is opgewonde oor die optel-en-aftrekstrategie wat sy vir haar Graad 2’s gaan leer.
Sy is oortuig dat die strategie net die aansporing is wat hulle nodig het om hulle na ‘n hoër vlak van getalbegrip te laat vorder.
Sy gaan begin met haar twee sterkste groepe kinders.
Ek was op besoek aan die skool as deel van ‘n projek en Juffrou is gereed om my te beïndruk.
Ek herken dadelik die oorsprong van die strategie – die skool gebruik die reeks Getalbegripwerkboeke van Brombacher en genote. Een van die aktiwiteite is kort kettings (sien hier onder) wat kinders moet voltooi. Die eerste en laaste getalle word gegee en hulle kan self besluit watter getal hulle as “trapklip” wil gebruik om by die laaste getal in die ketting te kom.